Nou ja, hier gaat ek. Ek het vrae, so ek gaan hulle vra. Dis die tipe vrae wat jy nie kan vra vir iemand wat jy ken nie, so ek gaan hulle maar hier vra, vir vreemdelinge. Hierdie ding gaan net werk as jy hier lees en deelneem. Ek is redelik seker ek ken jou nie, so los asb jou gedagtes sonder voorbehoed. Jy kan dit selfs anoniem doen as jy wil.
Meer oor myself, netom die ys eers te breek. Ek het ´n paar jaar terug begin boer op een van my pa se plase, is bietjie meer as 2 jaar al getroud, en het baie vrae oor seks. So help my uit. Die eerste vraag sal binnekort volg.
Januarie 31, 2008 at 8:11 nm
Na twee jaar se getroud nog vrae oor seks???? Aaiaiaiaiaiai.
February 6, 2008 at 1:59 nm
Gooi broer, ek en Wille Rosa sal jou vrae beantwoord. Ne Roos?
April 22, 2009 at 10:00 nm
Wat doen mans verkeerd dat hul vrouens rondloop agter hul rug terwyl hul ver wegwerk om hul n’ beter lewe te gee? Dan moet ek al ewig vergeet en vergewe omdat ek 2 pragtige kinders by ha het! Ek soek dringend hulp! My kop gaan my vinnig los en ek gaan iets onverantwoordeliks doen. Iemand op lyn nou?
April 22, 2009 at 10:23 nm
My vra sal begin sodra ek storie uitpuzzel hoe om te riggestreur? Kan iemand my net n’ klein bietjie raad gee?